Videos vir opleiding
Daar is 'n aantal videos gemaak wat wys hoe Doulos gebruik word. Om die videos klein te hou, word die videos telkens op belangrike plekke gevries met kommentaar wat gelees kan word oor die werking van die opsie. Die gebruiker moet dan 'n opsie klik om die video te laat voortgaan.
Die volgende modules is beskikbaar:
Alfabeties.exe Hierdie module se grootte ongeveer 33M en is ongeveer 13 minute lank. Dit wys hoe 'n basiese verslag met Fastreport opgestel word. 'n Alfabetiese lys van lidmate word as voorbeeld opgestel.
Sertifikaat.exe Hierdie module is ongeveer 17M groot, en wys hoe 'n .jpg prent/foto op die briefhoof van 'n brief geplaas kan word.
filter.exe Hierdie module is ongeveer 2.5M groot. Dit wys hoe die filteropsie in Doulos gebruik word. As voorbeeld word almal geselekteer wat onderwysers en onderwyseresse is.
Invoer van bydraes Hierdie module is ongeveer 6M groot. Dit wys hoe bydraes ingevoer word.