Doulos

Rekenaarprogram vir Kerklike administrasie


 

Doulos vir Android

Android is 'n bedryfstelsel wat op sommige slimfone en tablette gebruik word. Doulos kan dus op sommige slimfone en tablette gebruik word.

Doulos vir Windows word gebruik om die data uit te skryf na 'n databasis wat deur Doulos vir Android gebruik word. Hierdie databasis word op die rekenaar waarop Windows gebruik word gestoor. Hierdie databasis wat vir Android geskep is, moet dan na die Android toestel oorgedra word. Van daar af is die data toeganklik vir Doulos op die Android toestel.

Doulos vir Android word ingesluit in Doulos. In Doulos se help word uiteengesit hoe Doulos vir Android opgestel moet word.

Indien die gemeente waarin u is 'n ander program as Doulos gebruik, en u wil graag Doulos vir Android gebruik, kan u Doulos vir Windows gebruik om die data vanaf die ander program wat in u gemeente gebruik word in te lees, en dan die data weer uit te skryf na die Android databasis.