Doulos

Rekenaarprogram vir Kerklike administrasie


Nuus

Doulos III word ontwikkel.

Gebruikers wat belangstel kan Doulos III begin evalueer.

Lees hier meer

Doulos III

Alhoewel Doulos III nog ontwikkel word, is daar al 'n hele aantal opsies in Doulos III beskikbaar wat aanvullend tot Doulos 2 gebruik kan word. Van die nuwe opsies in Doulos III is die volgende:

Die uitleg van die Lidmaatregister is heeltemal oorgedoen en die nuutste beskikbare modules is gebruik om die funksies in die lidmaatregister makliker en kragtiger te maak.

Toegang tot Doulos kan op individuele Android toestelle oop en toe gesluit word. Dus kan 'n ongemagtigde persoon nie Doulos op 'n Android toestel gebruik nie.

Inskrywings kan vanaf Android toestelle na Doulos opgelaai word. Dus kan huisbesoeke, meelewing, ens. deur gemagtigde Android gebruikers na die databasis opgelaai word. Dit neem dus die las om dit in te voer van die kerkkantoor af weg. Elke Android toestel moet individueel deur die kerkkantoor toegang gegee word en oopgesluit word.

'n Nuwe module van Google Maps is aangekoop en in Doulos III geplaas.

Verslae wat deur die gebruiker self geskep word word outomaties deel van Doulos se spyskaart.

Kontak ons by Doulos@slaaf.co.za vir meer inligting.